Rundu-gevangenes vat net vet kanse met Covid-geval

Gevangenes van die Rundu korrektiewe fasiliteit het onlangs hul griewe in ‘n plaaslike koerant gedeel en gesê dat een van hul selmaats positief getoets het vir Covid-19 in ‘n sel wat meer as 15 gevangenes het. Die ander gevangenes is glo bekommerd dat die fasiliteit nie die ander gevangenes hospitaal toe geneem het nie. Adjunkkommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Sam Shaalulange, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die meeste van hierdie gevangenes kansvatters is en dat dit nie nodig is dat hulle na ‘n hospitaal moet gaan nie, want daar is genoeg spasie vir isolasie by die fasiliteit.