NSFAF dagvaar vorige werknemer vir diefstal

Die Namibiese studente hulpfonds dagvaar ‘n voormalige werknemer, Tomas Kanghola vir 529 250 Namibiese dollar wat die fonds sê Konghola by hom gesteel het. Volgens stukke voor regter Shafimana Ueitele, sê die fonds dat Konghola as betalingsbeampte by hom werksaam was en bedank het na die ondersoek teen hom begin het. Die Teenkorrupsie-kommissie is aangestel om ondersoek in te stel na die fonds se ouditeur bevind het dat drie betalings aan ‘n sekere Nelson Sheefeni gedoen is. Volgens die fonds, was Sheefeni nie ‘n begunstigde van hom nie en was dus nie geregtig op enige oorbetaling nie. Konghola het verdediging aangeteken en saakbestuur sal vanoggend in die hof gedoen word.