Federer uit Geneefse Ope geboender

Die twintigmalige Grand Slam-kampioen, Roger Federer, het ‘n nederlaag gely met sy terugkeer na die baan vir die eerste keer sedert Maart. Die Spanjaard, Pablo Andujar, wat met twee potte teen vier in die beslissende stel agter was, het Federer met 6-4, 4-6 en 6-4 geklop om die kwarteindronde van die Geneefse Ope te haal. Dit was Federer se eerste nederlaag in Switserland sedert 27 Oktober 2013 toe Juan Martin del Potro hom die eindstryd van die Switserse Binnenshuise toernooi in Basel geklop het.