Stormers se sleutelspelers terug

Die Stormers se span is versterk met die terugkeer van verskeie sleutelspelers vir Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in Durban. Die slotte JD Schickerling en Marvin Orie, die flank Pieter-Steph du Toit en die senter Ruhan Nel is almal terug in die span vir die kragmeting op Kingspark. Orie moes verlede week uitsit weens die protokol oor harsingskudding, terwyl Schickerling van ‘n enkelbesering herstel het. Die voorry met drie Springbokspelers, Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Frans Malherbe, is onveranderd gelaat.