Federer se einde begin môreaand

Die Switserse legende, Roger Federer het bevestig die laaste wedstryd in sy merkwaardige loopbaan is môreaand in die dubbelspel van die Laverbekertoernooi in Londen. Die 20-malige Grand Slam-toernooiwenner het verlede week gesê hy sal met die spankragmeting tussen Europa en Amerika uittree. Die 41-jarige Federer het ʼn probleem met sy een knie en sê hy het nie die vertroue om in die enkelspel te speel nie: