Waterskuld moet afgeskryf word, water is ‘n reg – Dienda

Die Popular Democratic Movement se parlementslid, Elma Dienda, sê sy ondersteun die mosie deur die onderleier van die LPM-party Henny Seibeb dat alle waterskuld wat deur alle plaaslike owerhede in die land verskuldig is aan NamWater afgeskryf word. Skuld aan NamWater staan op 1,4 miljard Namibiese dollar. Dienda sê water is lewe en die regering het ‘n verpligting om sy burgers daarvan te voorsien. Toegang tot water bly ’n groot uitdaging vir baie Namibiërs wat in lae-inkomste gemeenskappe en landelike omgewings woon. Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia het onlangs sy reaksie in die verband so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.