Europa gee miljarde vir vigs, TB en malaria

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe rekordbedrag van 12,484 miljard Namibiese dollar aan die Globale Fonds beloof vir die tydperk van 2023 tot 2025. Die Globale Fonds is ‘n internasionale vennootskap om vigs, tuberkulose en malaria te bekamp en het die afgelope 20 jaar reeds 50 miljoen lewens gered. Die fonds se doel is om die sterftesyfer weens MIV, TB en malaria met 64 persent te verlaag en ‘n gesonder, gelyker wêreld te bou. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê nadat hulle saamgespan het om teen Covid-19 te veg, moet hulle weer gereed maak om ander dodelike siektes te bestry.