Nampol bevestig 270 kriminele sake daagliks in 2021/22 boekjaar

Die Namibiese polisie het ‘n totaal van 98 640 kriminele sake gedurende die 2021-2022 boekjaar aangeteken. Dit beteken ‘n gemiddeld van 270 sake ‘n dag. Die Nampol-hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het die syfer bekend gemaak en sê die misdade sluit roof, verkragting, geweld teen vroue en kinders, en ander vorme van gesinsgeweld in. Ander strafsake is moord, diefstal van ‘n motorvoertuig en vee, handel in dwelms, huisbraak en diefstal. Hy voeg by dat Khomas voorloop met 32,8 persent van sake, gevolg deur Oshana op 10,7 persent, Otjozondjupa op 8,6 persent en Erongo met 7,9 persent. Kavango-Wes, Kunene en Omaheke is die streke wat die minste geraak is met onderskeidelik 1,3, 1,5 en 2,9 persent.