Federale regering kondig ingrypings in Colorado-rivier aan

Die Amerikaanse regering waarsku dat watertoevoerbeperkings op Kalifornië, Arizona en Nevada opgelê kan word om die Colorado-rivier en sy twee hoofreservoirs teen oorbenutting, droogte en klimaatsverandering te beskerm. Die Amerikaanse Buro vir Herwinning het drie moontlike aksieplanne bekend gemaak. Die eerste is om besnoeiings in te stel. Die tweede is om die deelstate toe te laat om ‘n verminderingsplan op hul eie uit te werk, met die laaste opsie om geen aksie te neem nie. Benewens die beskerming van watervoorrade, kan die voorgestelde federale aksie ook hidro-elektriese produksie by die land se twee grootste reservoirs bewaar. Groot dele van die VSA ervaar op die oomblik droogte-toestande.