Verstappen spring eerste weg vanaand in Meksiko

Max Verstappen van Red Bull is in die eerste wegspringplek vir vanaand se  Meksikaanse Grand Prix. Die tweemalige wêreldkampioen het in die kwalifisering voor George Russel en sy spanmaat by Mercedes, Lewis Hamilton, geëindig. Die plaaslike held en die ander bestuurder by Red Bull, Sergio Perez, was vierde, voor Carlos Sainz van Ferrari en Valtteri Bottas, van Alfa Romeo, wat nuwe lewe gekry het. Charles Leclerq, wat Vrydag in ʼn ernstige ongeluk was, was sewende in die tweede Ferrari.