Dan Carter bied afrigtingsklinieke in SA aan

Die All Black-legende Dan Carter gaan volgende maand twee afrigtingsklinieke in Suid-Afrika aanbied. Hy sal Kaapstad op 11 September besoek en Johannesburg die volgende dag. Die klinieke is gemik op spelers van tussen 13- en 21-jaar. Carter het tussen 2003 en 2015 112 toetse vir Nieu-Seeland gespeel en altesaam 1 598 punte aangeteken. Die losskakel was ook deel van die Wêreldbeker-wenspan van 2015. Spelers wat belang stel om die klinieke by te woon, word genooi om te registreer op die webblad www.worldwidescholarships.com