Verhoging in SA se kindertoelaag verwelkom

Die Universiteit van Kaapstad se Kinderinstituut verwelkom die verhoging in kinder-ondersteuningstoelaes vir weeskinders wat by familielede woon. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het die toelae tot 720 Suid-Afrikaanse rand verhoog. Die instituut se woordvoerder, Katharine Hall, sê dit is die eerste stap om te verseker daar word na die basiese behoeftes van kinders omgesien: