Fauci sê Covid lê rassisme bloot

Die voorste kenner van oordraagbare siektes in Amerika, Anthony Fauci, sê die Covid-19-pandemie het onteenseglike gevolge van rassisme blootgelê wat aanleiding gegee het tot onaanvaarbare gesondheids-ongelykhede. Fauci sê veral Amerikaners met ‘n Afrika-herkoms, Spaanssprekende Amerikaners en Amerikaanse inboorlinge het daaronder gely. Hy het op ‘n gradeplegtigheid van die Emory-universiteit gesê wanneer die gemeenskap weer na ‘n vorm van normaliteit terugkeer, mag mense nie vergeet dat baie meer mense van kleur weens oordraagbare siektes in hospitale beland of daaraan gesterf het nie.