Amupanda vies oor gekonfiskeerde vleis by rooilyn

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda sê hy het instruksie aan sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo gegee om op te tree nadat owerhede van die Departement van Veeartseny rou vleis wat hy by die Omuthiya opemark gekoop het, by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer het. Volgens die verklaring van die beslaglegging van die rou vleis het die voorval vanoggend plaasgevind. Geen rou vleis wat noord van die veterinêre kordonheining aangekoop word, kan suid van die heining vervoer word nie, as gevolg van bek- en klouseer.