Fase ses duur voort, Eskom sê daar’s geen sabotasie nie

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê die kragvoorsiener kan geen waarborg gee oor wanneer beurtkrag na laer fases geskuif sal word nie. Hy het by ‘n mediakonferensie oor huidige stelselprobleme gesê 18 opwekkingseenhede sal na verwagting weer in werking gestel word. Die verlaging van die fase van beurtkrag sal afhang van die werk wat gedoen word om meer opwekkingseenhede aan te skakel om die opwekkingsvermoë te vergroot:

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter het ook bevestig daar was geen vorm van sabotasie wat tot fase ses-beurtkrag gelei het nie. De Ruyter sê die verhoging is hoofsaaklik te wyte aan die onklaarraking van opwekkingseenhede asook die behoefte om reserwes wat byna uitgeput is, aan te vul.