Geniel kry Dakar-groenlig

Suid-Afrika se tydrenjaer en 2009-wenner van die Dakar-tydren, Giniel de Villiers, het die groenlig gekry om aan vanjaar se wedren in Saoedi-Arabië deel te neem, nadat hy negatief getoets het vir Covid-19. De Villiers sê hy het tydens die vorige paar Dakar-tydrenne baie las gehad van pap bande, maar hy hoop dat sy nuwe voertuig en die nuwe enjin hom en sy spanmaat, Dennis Murphy, in ‘n goeie posisie sal plaas. Die wedren begin Saterdag.