Sassa-begunstigdes moet besluit, of Sassa of Nam-pensioen

Plaaslike begunstigdes van die Suid-Afrikaanse maatskaplike pensioen toelaag, bekend as die Sassa-toelaag, sal moet besluit of hulle Sassa of die Namibiese pensioen wil ontvang. Die begunstigdes, waarvan die meerderheid in Walvisbaai woon, is ingelig dat ‘n beëdigde verklaring afgelê moet word en dan ingehandig word. Die Sassa-toelaag beloop 1 890 Suid-Afrikaanse rand en die Namibiese pensioen is 1 300 Namibiese dollar. Daar is tans 580 Sassa-begunstidges in Namibië en Suid-Afrikaanse owerhede hersien op die oomblik die betalings en het oor die jare gebuk gegaan onder bedrieglike eise en uitbetalings aan begunstigdes wat reeds gesterf het.