Ingevoerde klere in SA moet voldoen aan regulasies

Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland verwelkom die Gautengse hooggeregshof in Pretoria se besluit dat ingevoerde klere, materiaal, skoene en leerprodukte wat nie aan regulasies voldoen nie, nie Suid-Afrika mag binnekom nie. Die saak hou verband met Scoop Clothing wat klere sonder etikette ingevoer het, maar die kommissie het die klere teruggehou omdat dit nie die Wet op Verbruikersbeskerming se regulasies nagekom het nie. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê goedere ter waarde van net meer as 18 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat nie aan regulasies voldoen nie, is in die vorige boekjaar na die land van herkoms teruggestuur of vernietig: