F1 die naweek in Monza, Italië

Motorsport: Formule Een is hierdie naweek in Italië en daar is meer druk op die Ferrari-renjaers, Charles Leclerc en Carlos Sainz. Dit vind boonop plaas op die geskiedkundige Monza, die wêreld se derde oudste permanente renbaan, wat sy 100ste bestaansjaar vier. Dit was ‘n teleurstellende seisoen vir Ferrari, aangesien span- of renjaersfoute talle geleenthede vir oorwinning laat verlore gaan het. Leclerc is ‘n volle 109 punte agter die kampioenskap se voorloper, Max Verstappen, en hy hoop om die tuisskare tevrede te stel.