Forensiese kriminoloog: Pistorius volg agressiebeheer-kursus

‘n Bekende forensiese kriminoloog geen haar mening oor parool vir Oscar Pistorius. Hy sal homself in toom kan hou, sou hy op parool vrygelaat word, lui maatskaplike en sielkundige verslae van die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria. Die verslae vorm deel van die departement van korrektiewe dienste se hofstukke wat die eertydse Olimpiese atleet se jongste aansoek – dat hy reeds in aanmerking kom vir parool – teenstaan. Terwyl die departement nie in beginsel parool vir Pistorius teenstaan nie, heers daar tans verwarring oor wanneer Pistorius in aanmerking daarvoor kom. Hy meen dit was reeds in Februarie 2021, terwyl die departement  meen dit is eers in Maart 2023. Forensiese kriminoloog, dr. Pixie du Toit, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.