Thandi Modise is vrygespreek

Die Streekhof in Potchefstroom in Noordwes het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, vrygespreek op al 6 aanklagte van dieremishandeling. Talle diere se karkasse is in 2014 op haar Modderfontein plaas gevind. Hulle is ongeveer 2 weke lank sonder voedsel of water en sonder toesig gelaat. Daar was 50 dooie varke, en meer as 100 ander diere moes uitgesit word. Modise het haar verligting uitgespreek dat die saak uiteindelik afgehandel is en sy onskuldig bevind is aan verwaarlosing.