Kommer oor dwelmmiddels op plase

Die Namibiese Landbou-werkgewersvereniging het die area-bevelvoerder van die Nyime teen-stropingseenheid, Uys Prinsloo, versoek om boere in te lig oor die huidige toename van onwettige dwelmmiddels wat op kommersiële plase en onder die landelike gemeenskappe gevind word. Die meeste plaaswerkers ontvang hul salarisse in kontant, en die sindikate verruil hierdie items vir kontant wat byna onopspoorbaar is, aangesien dit buite normale sirkulasie gedoen word. Danie van Vuuren van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus.