Europese families mors met kos

Huishoudings van die Europese Unie het in 2020, 70 kilogram voedsel per persoon vermors, die helfte van die hele Europese-blok. Volgens Eurostat, het totale voedselvermorsing in die blok in dieselfde jaar 127 kilogram per inwoner bereik. Die streek het aan die begin van 2020 ‘n geskatte bevolking van 447,7 miljoen gehad. Wêreldwye voedselvermorsing is verantwoordelik vir tussen 8 en 10 persent van die totale kweekhuisgasvrystellings. Die volgende grootste bydraers was voedsel- en drankvervaardiging met 23 kilogram afval per persoon, en primêre produksie met 14 kilogram.