Dis ‘n ekstravaganza van Namibiese rolprente

Die Filmweek wat deur die Namibiese Film-kommissie aangebied word, skop vanaand af en beloof ‘n ekstravaganza van Namibiese rolprente. Die publiek word uitgenooi om dit by te woon. Toegang is gratis en daar’s ook gratis springmielies en drinkgoed. Hertha Katjivena, die kommunikasiebeampte by film-kommissie het die besonderhede.