Europa, VSA wil verdere sanksies teen Rusland instel

Die Europese Kommissie is besig om ‘n vyfde pakket van sanksies teen Rusland saam te stel, insluitend ‘n verbod op die invoer van steenkool uit dié land en ‘n verbod op toegang tot Europese hawens vir Russiese skepe. Intussen keer Amerika enige pogings deur Rusland om sy skuld met Amerikaanse dollars te betaal wat in bankrekeninge in die VSA gehou word, het die land se tesourie-departement vandag gesê. Amerika en die Europese Unie beoog verdere sanksies teen Rusland.