Cheetah Cement sê NEFF oortree op sy perseel

Die hoof administratiewe beampte van Cheetah Cement naby Otjiwarongo, Zayn Koorts, het geweier om lede van die Namibia Economic Freedom Fighters in sy kantoor te ontmoet. Hy sê die politieke party oortree die perseel. Hy het ook gesê al hul aantygings is vals. Die politieke party beweer die sementfabriek het Chinese werknemers wat sonder werkspermitte in diens geneem is. Dit is nie die eerste keer wat sulke klagtes aan die lig kom nie en sedert 2018 is daar amper jaarliks personeel wat kla dat selfs senior poste deur buitelanders sonder die nodige dokumente beklee word.