Fietsryers en drawwers op Tswhane-paaie glo bedreig

Die DA in Gauteng sê fiestryers en drawwers op Tshwane se paaie word bedreig. Verskeie voorvalle is aangemeld van fietsryers en drawwers wat aangeval is. Daar is ook ‘n toename in die diefstal van fietse met opportunistiese misdadigers wat hulle in die visier het, en tog doen die polisie nie genoeg om hulle veiligheid te verseker nie. Michael Shackleton van die DA sê in onlangse voorvalle is twee fietsryers in Elarduspark in Pretoria-Oos deur motors omgery en hulle fietse is gesteel.