Europa se gesondheidstelsels sukkel as gevolg van onderbelegging

Dis nie net in Afrika waar gesondheidstelsels sukkel nie. Europese lande sukkel met verskeie gesondheidsuitdagings wat ook medisyne tekorte insluit. Baie min medisyne word in Europa vervaardig met meeste lande wat staat maak op aanlegte in lande soos Indië. ‘n Senior direkteur by die Wêreldgesondheidsorganisasie, Natasha Azzmus sê Europese lande het die Covid-pandemie binnegegaan met swak gesondheidstelsels en ‘n groot agterstand in beleggings.