NamWater pomp water na Von Bachdam

NamWater het weer water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam gepomp, asook vanaf die Omatakodam na die Von Bachdam wat nou 30,2 persent vol is. Die Swakoppoortdam is 72,4 persent vol en die Omatakodam is nou byna leeg en staan op 0,4 persent. Sentrale damme is nou 42 persent vol teenoor verlede jaar se 58 persent. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is Namibiese damme gesamentlik 71,2 persent vol teenoor verlede jaar se 74,7 persent.