EU voer 1 miljard dosisse uit, sal ook 500 miljoen skenk

Die Europese Unie het nog ‘n mylpaal in die lewering van Covid-19-entstof behaal met meer as een miljard dosisse wat die afgelope tien maande wêreldwyd versprei is. Entstof wat in die EU vervaardig is, is na meer as 150 lande op al die vastelande en lande soos Suid-Afrika, Japan, Brasilië, Nieu-Seeland en Brittanje uitgevoer. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê behalwe die uitvoere gaan die EU volgende maand minstens 500 miljoen dosisse aan die kwesbaarste lande skenk: