EU verleng wapen-embargo teen Zim

Die Europese Unie het ‘n wapen-embargo wat in 2011 op die Zimbabwiese regering ingestel is, vir ‘n verdere jaar verleng. Die EU sê hy verleng die geteikende sanksies “in die lig van die situasie in Zimbabwe” te midde van kommer dat die staat wapens vir burgerlike onderdrukking kan gebruik. Zimbabwe Defence Industries, ‘n staatsbeheerde wapenvervaardigings- en verkrygingsmaatskappy, is die enigste entiteit op die lys. Die maatreëls is in plek as gevolg van wapens en toerusting wat vir interne onderdrukking gebruik kan word.