Cosatu kla oor plaaslike owerhede en nakoming van finansiële reëls

Cosatu in Gauteng sê hy is bekommerd oor die Johannesburgse Aandelebeurs se onlangse kennisgewing dat die Ekurhuleni- en Tshwane-munisipaliteite versuim het om hulle jaarlikse finansiële state in te handig. Die munisipaliteite moes die finansiële state binne die gegewe sewe maande aan die beurs oorhandig. Hulle het nou tot die einde van die maand tyd om dit te doen, anders kan die maniere waarvolgens hulle skuld kan maak opgeskort word. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, sê die nienakoming en gebrek aan deursigtigheid laat vrae ontstaan oor aanspreeklikheid en bestuur in munisipaliteite: