Kremlin doodstil oor Tucker Carlson en sy moontlike besoek

Die Kremlin, het vanoggend geweier om kommentaar te lewer oor of die Amerikaanse joernalis Tucker Carlson die Russiese presidensiële administrasie vandeesweek in Moskou besoek het. Russiese media het Maandag foto’s van Carlson op verskeie plekke rondom Moskou gewys tydens ‘n besoek wat bespiegelings aangevuur het dat die voormalige Fox News-gasheer die eerste Westerse joernalis kan word wat ‘n onderhoud met die Russiese president Vladimir Putin tydens die oorlog in die Oekraïne bekom het.