EU sukkel steeds oor brandstofpys-beleid

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe noodmaatreël voorgestel om die hoë brandstofpryse in die Europese Unie aan te spreek en veilige voorsiening in die komende winterseisoen te verseker. Voor die Rusland-Oekraïne-oorlog het Moskou 40 persent van die gas in die EU verskaf. In Julie het die unie egter besluit om Russiese gasgebruik met 15 persent te verminder. Die president van die Europses Kommissie, Ursula von der Leyen, sê eenheid en samehorigheid is die beste manier om president Vladimir Putin se afpersing deur middel van brandstof te beveg: