Biden hoop om olieprys af te dwing met nog 15m vate wat vrygestel word

Amerikaanse President Joe Biden sal ‘n verdere 15 miljoen vat ru-olie uit sy land se strategiese petroleumreserwe vrystel in ‘n poging om oliepryse in sy land af te dwing. Dit is die tweede aankondiging na die rekord vrystelling van 180 miljoen vate wat in Mei vanjaar begin het.

Die land se reserwes is tans op die laagste vlakke sedert 1984 maar is meer as half vol met 400 miljoen vate oor. Biden het ‘n beroep op oliemaatskappye gedoen om nie so gierig te wees nie.