EU stem in vir nuwe sanksies teen Iran

Lidlande van die Europese Unie het ingestem tot nuwe sanksies teen Iran oor dié land se sterk optrede teen betogings ná Mahsa Amini se dood. Die 22-jarige vrou is dood nadat sy verlede maand deur Iran se sogenaamde moraliteitspolisie in hegtenis geneem is. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die skokkende geweld deur die Islamitiese Republiek se onderdrukkingsmasjien kan nie geïgnoreer word nie: