Outa verwelkom ondersoek na Sassa-kontrakte

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se beslissing oor twee verdagte kontrakte van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid verwelkom. Sy het die Valke opdrag gegee om moontlike korrupsie en knoeiery met die bieëry deur twee ondernemings, Azande Consulting en Vee-el Promotions te ondersoek. Sy het Sassa ook beveel om op te tree teen elf personeellede wat hierby betrek word. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, sê daar is bevind ander bieërs op die kontrakte is onregverdig gediskwalifiseer deur die Tender-evalueringskomitee: