EU stel taakspan aan vir oorlogsmisdade

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die gruwelike misdade in die Oekraïnse dorp, Bucha, en ander gebiede waar Russiese soldate onlangs onttrek het, moenie ongestraf bly nie. Dit volg nadat tientalle liggame, sommige se hande vasgebind, in dorpe naby die Oekraïnse hoofstad Kiëf gevind is, nadat Russiese soldate uit die gebiede onttrek het. Von der Leyen sê die Europese Unie het ‘n taakspan saamgestel wat saam met Oekraïne bewyse sal insamel en oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom sal ondersoek.