Shiimi moet begroting hersien vir verbruikers

Die leier van die Rally for Democracy and Progress, Mike Kavekotora, sê die minister van finansies Ipumbu Shiimi moet sy begroting hersien om verbruikers in die land te beskerm teen die huidige skokke wat hul beleef. In sy mening kan duisende huishoudings, wat pas deur twee jaar van die pandemie gekom het, nie die stygende vervoer- en voedselkostes bekostig. Brandstof het reeds drie keer die jaar gestyg en stoot voedselpryse verder op. Daar is ook ‘n plaaslike styging in basiese voedsel aan die einde van die maand wat deur Namib Mills aangekondig is. Kavekotora sê ‘n verantwoordelike regering draai nie sy rug op sy landsburgers nie en neem ontwikkelings in die buiteland in ag wanneer hy besluite neem.