Suikerberlasting vir ‘n jaar afgelas in SA

Terwyl Namibiese verbruikers Donderdag 20 persent meer vir suiker moet betaal omdat daar nie voorraad in die doeane-unie se lede is nie, is daar verligting vir die Suid-Afrika. Die buurland se suikerrietkwekersvereniging het die minister van finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die beplande instelling van die gesondheidsbevorderingsheffing of suikerbelasting met 12 maande uitgestel word, verwelkom. Die verhoging van 2,31 sent per gram wat die minister in Februarie in sy begrotingsrede aangekondig het, sou gister van krag word. Die vereniging se uitvoerende hoof, Thomas Funke, is aan die woord.