EU skort aankope van Russiese steenkool op, maar sê nie wanneer nie

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe stel sanksies teen Rusland voorgestel. Dit sluit in dat steenkool-invoere gestaak word en Russiese vaartuie toegang tot die Europese Unie se hawens geweier word. Ambassadeurs van die EU sal die voorgestelde sanksies vandag bespreek. Die kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê dis belangrik om op hierdie kritieke punt soveel druk as moontlik op die Russiese regering uit te oefen: