EU sal swaarste kry met embargo op Russiese olie, gas

Daar is amper geen kans dat die oliemark binnekort sal stabiliseer nie. Met stappe deur die EU om moontlik Russiese olie en gas te verbied, het die Kremlin reeds gewaarsku dat enige verdere sanksies op sy olie die wêreldmark sal ontwrig, maar, dat dit die mense van Europa die swaarste sal tref. Politieke analis dr. Ndumba Kamwanyah gee sy mening.