Navalny weer skuldig bevind, kry dalk nog tien jaar

‘n Russiese hof het vandag die Kremlin-kritikus, Alexei Navalny, skuldig bevind aan minagting van die hof in ‘n verhoor wat kan meebring dat sy tronkstraf tot 13 jaar verleng kan word. Hy dien reeds drie jaar se vonnis uit vir verduistering. Volgens nuusagentskappe het regter Margarita Kotova gesê dat hy die hof beledig het. Die aanklaer vra dat hy nog tien jaar se tronkstraf daarvoor opgelê moet word.