EU sal energiemark heeltemal hervorm

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê hulle beplan ‘n diepgaande en omvattende hervorming van die elektrisiteitsmark om die energiekrisis te hanteer wat deur Rusland se oorlog in Oekraïne veroorsaak is. Moskou verskaf tans slegs 9 persent van die Europese Unie se gas-invoere teenoor 40 persent voor die inval. Von der Leyen doen ‘n beroep dat elektrisiteitsverbruik in spitstye met minstens 5 persent verminder word, en beloof belastingverligting vir energiemaatskappye om hoë pryse te bekamp: