EU oorweeg beperking op gasprys

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê hulle is gereed om ‘n beperking te oorweeg op die prys van gas wat vir die opwekking van elektrisiteit gebruik word. Nasies in die Europese Unie sukkel om kop bo water te hou met rekordhoë energiepryse en die moontlikheid van tekorte. Dit word veroorsaak deur Rusland wat die invoer van gas drasties verminder het weens sanksies teen hom ná sy inval in Oekraïne. Von der Leyen sê Russiese gasvoorrade het afgeneem van 40 persent tot die huidige 7,5 persent van pyplyngas: