Rugby: Toetsspelers 15x meer geneig om motorneuronsiekte te ontwikkel

‘n Onlangse studie oor motorneuronsiekte deur die Universiteit van Glasgow dui daarop dat voormalige toetsspelers 15 keer meer geneig is om die toestand te ontwikkel. Navorsers het die gesondheidsuitkomste van 412 voormalige Skotse manlike toetsspelers vergelyk met meer as een-duisend gelyke individue. Die Tydskrif vir Neurologie, Neurochirurgie en Psigiatrie berig voormalige spelers het ‘n groter risiko getoon om ‘n motorneuronsiekte-diagnose te ontvang. ‘n Groep oud-spelers dagvaar verskeie beheerliggame omdat hulle versuim het om hulle te beskerm. Die oud-Springbok, Joost van der Westhuizen, is in 2017 aan MNS dood.