EU het miljoene vir Covid in Nam gegee

Die Europese Unie het 172 miljoen Namibiese doller aan Namibië bewillig in die stryd teen Covid-19. Die aankondiging is deur die Europese Ambassadeur Sinikka Antila gemaak. Die fondse is gebruik vir om die gesondheidstelsel te versterk en meer veerkragtig te maak. Mediese toerusting is ook bekom. Antila het bevestig dat verdere befondsing vir herstel na die pandemie geoormerk is.