Zelna verloor in die Hoërhof

Die dringende aansoek wat deur die voormalige Besturende Direkteur van Namibia Wildlife Resorts in die Hoërhof gebring is om die besluit om haar kontrak te beëindig ter syde te stel, is van die hand gewys. Regter Kobus Miller het vandag sy beslissing in die hof gegee. Hy het bevind dat die versuim van die raad van NWR en die ministeries van Omgewingsake en Openbare Ondernemings om die name van die raadslede te publiseer nie genoegsame rede is om haar weer aan te stel nie. Sy het aangevoer dat die feit dat die raad se name nie gepubliseer is nie, die raad effektief, onwettig maak volgens die Openbare Ondernemings Regeringswet.