Bomdreigement op EasyJet-vlug

‘n EasyJet-vlug op pad van Krakow in Pole na Bristol in Brittanje, moes na die  Tsjeggiese Republiek uitwyk nadat die moontlikheid van ‘n bom aan boord aangemeld is. Die Tsjeggiese  polisie sê sy plofstofdeskundiges het die vliegtuig ná sy landing deursoek en geen gevaarlike voorwerp is aan boord gevind nie. Die polisie sê alle moontlike veiligheidsmaatreëls  is gevolg om die veiligheid van die passasiers en lugverkeer te verseker terwyl die vliegtuig deursoek is.