Rugby: Al vier SA-spanne seëvier in VRK

Rugby: Die 19-jarige Suleiman Hartzenberg het twee van die Stormers se vier drieë gedruk in hulle bonuspunt-oorwinning van 34-18 in die Verenigde Rugbykampioenskap in die Kaapstad-stadion teen Edinburgh. In Newport, Wallis, het die Sharks ʼn naelskraapse oorwinning van 20-19 oor die Dragons behaal. Vroeër het die Bulle hulle onoorwonne lopie aan die begin van hierdie seisoen voortgesit met ʼn bonuspunt-sege van 28-14 teen Connacht in Pretoria. Die Leeus was ook weer op die wenpad en het Cardiff in Wallis met 31-18 verslaan.